top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Ekerk doen meningsopname by #imagine Konferensie 2014!

Vir die eerste keer gaan ons 'n in-diepte meningsopname kan doen oor tieners se idees oor kerk!

Tydens die #imagine Konferensie gaan ons 'n omvattende vraelys deur duisende tieners laat invul, waarna ons die data sal verwerk, en aan plaaslike gemeentes beskikbaar sal stel. Die doel van die gevolglike verslag sal plaaslike leraars en geestelike werkers kan help om meer doeltreffend in hulle eie gemeentes te kan bedien.

Ons vermoed dat die rol van die tradisionele kerk baie aan die verander is in ons land, veral onder jongmense tussen die ouderdom van 15 en 25 jaar oud. In plaas van om 'n nuwe generasie jong gelowiges in geykte strukture in te dwing, is dit ons begeerte om by hulle te leer oor hoe hule kerkwees leef en ervaar.

Word deel van die #imagine beweging deur by die offisiële webblad te gaan inloer - ons sien uit om jou daar te sien!


bottom of page