top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Doen goed

deur Stephan Joubert

Kort voor haar dood in 2003 het Joan Kroc, die vrou van Ray Kroc, wat ’n klein hamburger kitskos besigheid genaamd McDonalds tot die wêreld se grootste kos-handelsmerk gegroei het, ’n volle 1,6 biljoen dollar aan die Salvation Army geskenk. Hoekom? Wel, tydens ’n besoek aan Suid Afrika in 2013 het die skrywer-teoloog Leonard Sweet vertel van sy ontmoeting met die uitvoerende hoof van die Salvation Army in London. Dié het vir hom gesê dat Joan Kroc baie arm grootgeword het. Elke Vrydagaand het een offisier van hulle beweging stilweg twee sakke kruideniers vir haar ma kom aflewer daar aan die verkeerde kant van die treinspoor in Chicago.

Hierdie kos van die kant van die Salvation Army was Joan en haar familie se weeklikse hoogtepunt. Ook was dit vir haar die bewys van die Here se liefde vir vergete mense soos sy en haar familie. Vir 70 jaar het hierdie Christelike liefdesdaad diep in Joan se hart vasgesteek. Daarom dat sy aan die einde van haar lewe nie anders kom as om hulle in die Heer se Naam te seën om nog groter hulp aan noodlydendes te bewys nie. Dink net wat die impak van een gewone dissipel van Jesus kan wees. Dink net wat kan gebeur as een van ons ons harte en hande vir ander oopmaak. Of dalk net ons beursies... Of ons gebedstyd. Die hemele sal begin oopgaan bokant ons koppe. Nou ja, selfs al sien ons nie die resultate nie, kan dit dalk jare later groot vrug oplewer.

bottom of page