top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Luister verander ons

deur Tom Smith

Onlangs hoor ek ’n fantastiese aanhaling van die digter Susan Stewart, “Hearing is how we touch at a distance.” Terwyl ek dié aanhaling bepeins besluit ek om dit met iPhone se Siri te stoor sodat ek nie vergeet wat ek hoor nie.

“New note,” beveel ek my foon.

“What would you like the note to say?” vra die foon.

Ek gee toe die aanhaling en Siri herhaal wat hy/sy gehoor het: “Hearing is how we patch at the dead.”

Ek kon net my kop skud en lag.

Tegnologie is ’n wonderlike medium maar AI — “artificial intelligence” — is steeds nie dieselfde as ’n mens wat werklik luister nie.

Mense wat na mekaar luister is een van die belangrikste boustene van ’n gesonde huis, skool, kerk of werk. Wanneer ons na mekaar luister skep ons ruimtes van genesing en groei.

Die Duiste teoloog Dietrich Bonhoeffer het eens opgemerk,

“Many people seek a sympathetic ear and do not find it among Christians, because these Christians are talking even when they should be listening. But Christians who can no longer listen to one another will soon no longer be listening to God either, they will always be talking even in the presence of God.”

Mag ons by ons huise en ons werke die diens van luister lewer. Dit verander ons!

bottom of page