top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Dankie tog vir dankbaarheid!

deur Dries Cronje

Goed gebeur. En soms is mens geneig om te dink dat dit wat met jou gebeur negatief is. Ons oordeel die goed wat met ons gebeur.

En dan kla ons...

En as mens mooi gaan dink oor wat klagtes is, dan besef jy dit is eintlik net ’n vorm van ondankbaarheid.

En ondankbaarheid is nie goed nie...

Ons het soveel om voor dankbaar te wees! Selfs al tref slegte nuus ons — en ek bedoel regtig aaklige nuus — kan ons steeds dankbaarheid kies. Daar is altyd iets om voor dankbaar te wees. (Klop jou hart nog?)

“Be cheerful no matter what; pray all the time; thank God no matter what happens. This is the way God wants you who belong to Christ Jesus to live.” — 1 Thesalonians 5:16-18 (MSG)

Die keuse is die sleutel. Daai sleutel wat die positiewe kant van die lewe vir jou en die mense rondom jou oopsluit.

Dankbaarheid beïnvloed die mense om jou. Dit versprei liefde. Dankbaarheid maak jou gelukkig. Dit is hoekom ’n lewe van dankbaarheid God se wil is vir sy kinders.

Het jy al die video hieronder gekyk...? If not, kyk gerus nou en kom lees na dit verder.

So, lyk my op die punt stem die Bybel en wetenskap saam ;)

Hoe gaan jy kies? En onthou, dis ’n daaglikse keuse. Gaan jy elke dag kies om dankbaar en positief te wees? Ek dink die resultate wat jy gaan sien sal ongelooflik wees.

Dit was vir my! :)

Stuur gerus ’n epos indien jy verder hieroor wil gesels, of raad wil hê oor dankbaarheidsoefeninge en -gebede. Ek skryf in elk geval volgende keer meer hieroor.

En onthou:

“Do not be anxious about anything, but in every situation, by prayer and petition, with thanksgiving, present your requests to God. And the peace of God, which transcends all understanding, will guard your hearts and your minds in Christ Jesus.” — Phillipians 4:6-7 (NIV)

bottom of page