Hoe, waar en waarvoor moet mens bid? [Navorsing verslag]
deur Mynhardt van Pletsen
Ekerk is ’n interkerklike organisasie wat, onder andere, alle aspekte van kerk- en menswees navors, ten einde die impak daarvan op plaaslike gemeentes te bepaal. Ons werk dien daarin om geestelike leiers asook gewone gelowiges beter toe te rus vir hulle individuale en gesamentlike take in die koninkryk.
Ons huidige navorsingsprojek handel oor gebed.
Ons is geïnteresserrd in hoe gelowiges bid, vir hoe lank hulle bid, vir wie hulle bid, en watter uitwerking hulle glo hulle eie perosoonlike gebede op hulle geestelike lewens het. Ons het ’n meningsopname geloods wat beide in digitale en gedrukte formaat beskikbaar is. Die meningsopnames is totaal en al anoniem, en die data word empiries verwerk en weergegee, om sodoende die beste moontlike toepassings en implikasies vir gemeentes te kan kommunikeer.
Die projek oor gebed is die vierde in ’n reeks navorsingsprojekte. Die eerste een het gehandel oor gelowiges se gebruik van die Bybel, en is reeds afgehandel en gratis aflaaibaar op ekerk se webblad.
Ons wil jou en jou organisasie nooi om deel te neem aan ons meningsopname. Dis ons oortuiging dat julle deelname ons sal help om ’n meer geloofwaardige en betekenisvolle bydrae te kan lewer wat gelowiges se gebedslewe aanbetref.
Ons wil graag versoek:
Om tydens ’n byeenkoms ’n spreekbeurt waar te neem waartydens ons die doel van ekerk navorsing verduidelik, asook bietjie van ons vorige bevindinge oor Bybelverbruik deel.
Om ’n fisiese meningsopname waar te neem tydens ’n byeenkoms, met natuurlik so min ontwrigting as moontlik vir die natuurlike vloei van die byeenkoms.
Om in ’n elektroniese nuusbrief en webblad ’n verduidelikende paragraaf en ’n skakel te plaas na die digitale weergawe van die meningsopname toe.
Nog skakels en inligting:
Kontak geus vir Mynhardt by 082.853.6483 vir enige vrae of voorstelle.
Ons sien uit om van jou te hoor!