top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Alan Hirsch besoek Suid-Afrika!

deur Mynhardt van Pletsen

Ekerk is opgewonde om Alan Hirsch se toer na Suid-Afrika tydens Maart 2013 bekend te maak.

Alan is 'n Suid-Afrikaans gebore teoloog, outeur en gevestigde leier in die missionale kerk beweging. Hy is betrokke by verskeie organisasies en bewegings wat help om die kerk te lei in missionaliteit, waaronder Forge Mission Training network International, Future Travelers en Shapevine.com.Van Alan se boeke sluit in die alombekende The Forgotten Ways, ReJesus en sy mees onlangse The Permanent Revolution.Dis deels te danke aan Alan se onbaatsugtige werk, asook sy massas ervaring en kennis van die plaaslike kerk, dat ons regoor die wêreld vandag gesprek voer oor hoe gelowiges meer buite die vier mure van die kerkgebou 'n lewe van missie en betekenis kan leef.

Alan se besoek in Suid-Afrika geskied op uitnodiging van ekerk, en duur van 8 tot 17 Maart 2014. Sy optredes op plaaslike bodem sal insluit 'n twee dag konferensie oor missionaliteit te Moreletapark Gemeente, 'n voldag seminaar vir geestelike leiers by Mosaiëk Gemeente, lesings by gemeentes in Centurion, asook verskeie ander geleenthede. Ekerk wil alle geestelike leiers, besigheidspersone, gelowiges en ander belangstellendes met groot vrymoedigheid nooi om een van of al Alan Hirsch se optredes by te woon.

Dis ons verwagting dat sy besoek aan ons nie net 'n nuwe verstaan van ons doel hier op aarde sal bewerkstellig nie, maar dat ons ook na afloop daarvan met nuwe ywer ons plek in die koninkryk sal volstaan.

As jy meer wil uitvind, of 'n plek vir jou en jou span wil reserveer, maak seker om so gou doenlik met ons te gesels by info@ekerk.org. Skakel ook in by www.ekerk.org, asook by ons Facebook en Twitter blaaie vir die nuutste inligting.

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

​

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

​

Regnr:  2004/011580/08​

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page