ʼn Les van Indiana Jones
deur Pierre du Plessis
Ek hoop jy kan nog die Indiana Jones film onthou, Indiana Jones and the Last Crusade. Dit is die een met Sean Connery in waarin hy Indy se pa speel? Inelkgeval, in hierdie film is Indy opsoek na die Holy Grail, dit is nou die legendaries beker wat Christus by die laaste Avondmaal gebruik het wat glo, volgens legendes en die natuurlik die film, die mag het om ewige lewe te skenk. Hierdie op sy geplaas, is daar een toneel in die film wat my laat dink het die laaste tyd. Dit is die deel waar Indy deur ʼn reeks lokvalle moet kom om tot by die beker kom. Een van hierdie lokvalle lyk soos ʼn vloer met klomp teëls met Hebreeuse letters op, en om deur te kom moet jy op die regte letter trap en die naam van God uitspel, as jy op die verkeerde een trap is dit jou einde.
Een van die mees verlamde vrae in my lewe was nog altyd, ‘wat moet ek volgende doen?’ of, ‘wat wil God hê moet ek volgende doen?’ wat amper altyd net stilte as ʼn antwoord gee. So het hierdie vraag my lam gelê, jaar na jaar.
Totdat ek een maal besef het dat God lankal geantwoord het. God se antwoord is, wat wil jy doen, of wat wil jy hê, soos Jesus die blinde man geantwoord het in Lukas 18? Wat bring vrede, wat bring hoop, wat bring liefde, wat bring versoening, wat bring geluk? Dit is God se antwoord in die vorm van ʼn vraag.
Wanneer ek hierdie teëls kies, en op hierdie teëls trap, bokspring ek deur die lewe.
Paulus skryf dit so mooi in Fil 4:8, ek hou van die NIV vertaling,
“Finally, brothers and sisters, whatever is true, whatever is noble, whatever is right, whatever is pure, whatever is lovely, whatever is admirable—if anything is excellent or praiseworthy—think about such things. Whatever you have learned or received or heard from me, or seen in me—put it into practice. And the God of peace will be with you.”
God gee ons ʼn strategie, nie stap vir stap instruksies nie, so as, nee wanneer jy voor ʼn vloer te staan kom met so ʼn klomp teels, sommige met lokvalle, en jy wag vir stap vir stap instruksies gaan jy lank wag. Tog as jy kies om op God se naam te trap, te vertrou, God te ken en weet Sy naam, Sy karakter, en Sy wil is vir liefde, vrede, genade, vreugde, en hoop dan trap jy jou pad vinnig oop, whatever dit is wat jy kies.