Die geskenk van aandag
- ekerkweb
- Jan 10, 2014
- 1 min read
deur Tom Smith Gedurende hierdie vakansie het ek opnuut besef hoe belangrik dit is om kwaliteit tyd as ‘n gesin saam te spandeer. Kwaliteit tyd kan nie gebeur sonder dat ons kwantiteit tyd saam spandeer nie. Kwantiteit tyd beteken dat ek die woorde “gou” en “vinnig” verleer.Hoekom wil ek my kinders aanjag op vakansie deur te sê kom ons bou “gou” ‘n sandkasteel of swem “vinnig”? Om werklik as ‘n familie tyd saam te spandeer beteken ook dat ek my aandag spier oefen. Die Engelse het nogal ‘n mooi frase hiervoor, “paying attention.” Om aandag aan my gesin te gee beteken dat ek hulle teenwoordigheid meer op prys stel as die klein skerms met sosiale media “updates”. Om aandag te gee is een van die mooiste geskenke wat ons aan mekaar kan gee. Die komediant Will Ferell tweet tong in die kies, “Before you get married ask yourself: is this the person you want to watch stare at their phone the rest of your life?” Mag ons in hierdie jaar as gesinne mekaar liefhê deur aandag aan mekaar te gee en mekaar se lewens soos die skerms op ons “smarphones” dop te hou. Hier is ‘n kort video wat kommentaar lewer oor hoe die foon ons lewens kan oorneem, dit het my nogal laat dink.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...