top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Resensie: Is die Bybel betroubaar? deur Adrio König

deur Marius Nel

Deesdae hoor jy al meer mense wat sê dat hulle nie die Bybel kan glo nie, iets wat vroeër selde gebeur het. Hulle vertel jou dat kerke elkeen die Bybel op eie manier interpreteer en dat jy dan nie weet wie se interpretasie korrek is nie. Daarom het party kerke apartheid in die vorige bedeling geregverdig terwyl ander dit veroordeel het, terwyl albei kampe die Bybel gebruik het. En wat van slawerny wat deur die Bybel as bestaande gebruik aanvaar word sonder dat dit veroordeel word? En poligamie? En vrouens wat soos eiendom behandel en gesien word? Die moderne mens glo nie meer alles wat gesaghebbend gesê word nie; ons dink nou vir onsself!

Dit het prof Adrio König, gesaghebbende sistematiese teoloog en vir veertig jaar dosent by Unisa, genoodsaak om dié boek te skryf. Is die Bybel dan enigsins betroubaar as daar verskille voorkom tussen onderskeie gedeeltes in die Bybel wat dieselfde gebeure beskryf? En as die Bybel skynbaar die ontstaan van die heelal en lewe op aarde anders beskryf as wat die gangbare teorie onder wetenskaplikes is?

Ja, daar is kritiek op, en probleme met die Bybel. Selfs van sommige teoloë wat koerante en tydskrifte met hulle standpunte haal dat die geskiedskrywing in die Bybel, sowel as die wêreldbeeld waarop die Bybel gebasseer is, premodern en onhaalbaar vir moderne mense is.

Adrio vra: waaroor gaan die Bybel eintlik? Die vraag is belangrik as jy nie in allerlei bysake wil verval en die doel van die Bybel mis nie: dat dit om God en mense gaan, en mense wat voor en met God leef. Die boodskap van die Bybel handel oor die heil van die mens, hoe die mens in die regte verhouding met God kan kom en dan daaruit leef. Die weg terug na God is die Persoon, Jesus Christus, en in Hom het die gelowige die verwagting van die ewige lewe.

Die boek vertel jou hoe die Bybel tot stand gekom het, waaruit dit sy gesag put, hoe die kerk deur die eeue die Bybel hanteer en beskou het en waarin die betroubaarheid van die Skrif lê. Jy leer ook die basiese van hoe die mens verstaan en waarvoor om op te let wanneer jy aan die verstaanproses deelneem, asook wat belangrik is om die Skrif uit te lê: dat die Skrif die geleentheid gegee moet word om homself uit te lê, dat jy die Skrif lees terwyl jy onthou waaroor die sentrum van die Skrif gaan, en hoe belangrik dit is om die hele Skrif te lees.

Dié boek gaan nuttig vir alle gelowiges wees. Selherders en predikante gaan in besonder ook daarby baat vind. Hóé ons die Bybel sien, bepaal wat ons daarin lees. En daarom kan Adrio jou help om nuwe waarde by jou Bybelbeskouing te voeg.

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page