top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47
Search

Om mens te wees.

  • ekerkweb
  • Dec 24, 2013
  • 1 min read

deur Pierre du Plessis

‘Laas jaar hierdie tyd was dit nog September’ sê ’n vriend van my nou die dag. Ons is vinnig oppad Kersfees toe en meeste hol nog rond om die laaste paar sente bymekaar te skraap, inkopies te doen, ’n laaste vinnige kuier (ons gaan mos nou ’n volle twee weke weg) in te werk met die vriende, af te jaag see toe, uit te kamp, geld te spandeer, te veel te eet en terug kom met nuwe voornemens om te gym, beter te eet en nooit weer so baie te spandeer op ’n vakansie nie. Hierdie goed is so menslik.

Wat altyd my in my inkopie spore laat stop gedurende die seisoen is dat God mens geword het, dat die groot God van die heelal ’n klein mens geword het. In hierdie on-gelooflike gebaar is redding alreeds opgesluit, ons gaan soek redding by die kruis, maar hy lê alreeds as ’n pap babatjie in ’n krip. God het mens geword en met dit op ’n manier gesê,

om mens te wees is goed.

Die mees geestelike ding wat jy hierdie kersseisoen kan doen is om bloot mens te wees. Te voorsien vir jou gesin, vir hulle iets spesiaal te koop, lang kuiers met jou vriende in te werk (omdat jy hulle eers oor 2 weke weer gaan sien), om af te ry see toe en mooi van die lang pad raak te sien, om fees te vier, nuwe planne te maak, op te hou spyt wees, en nuwe drome te droom.

Om mens te wees is goed, God self het mos self mens geword?

 
 
 

Recent Posts

See All
Digital Concaine [resensie]

Brad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...

 
 
 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page