top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Moeilike gesprekke

deur Johan Beukes

Jesus het verskeie moeilike gesprekke met verskillende mense gehad. Hy het byvoorbeeld die Skrifgeleerdes en Fariseërs onbeskaamd aangespreek, selfs sy dissipels het deurgeloop. Daarom is dit verstommend om te ervaar hoedat Christen leiers soms dink daar is fout wanneer mense moeilike gesprekke met mekaar het, aangesien dit kwansuis nie ’n goeie voorbeeld stel nie.

Ironies genoeg is dit die gebrek aan hierdie vaardigheid — om moeilike gesprekke te voer — wat volgens navorsers die kern oorsaak van baie menslike probleme is. “The root cause of many — if not most — human problems lies in how people behave when others disagree with them about high-stakes, emotional issues — Crucial Conversations.” ’n Moeilike gesprek kan beskryf word as:

  1. ’n Emosiebelaaide gesprek tussen mense met

  2. Verskillende opinies oor ’n saak of situasie waarin albei partye

  3. ’n Groot aandeel het.

Geestelike leiers verkies om hierdie gesprekke te vermy, of wanneer hulle wel die moed het om die gesprekke te voer word dit baie swak hanteer. Hier is ’n paar voorstelle om goeie en gesonde moeilike gesprekke te voer.

Die kern van enige suksesvolle gesprek is om ’n ruimte te skep waarbinne informasie vrylik kan vloei. Hierbinne kan enige iemand openlik en eerlik opinies huldig, rou emosies beleef en teorieë artikuleer. Daarom is dit vir elke leier belangrik om haar intensie en uitkoms m.b.t. die gesprek duidelik uit te stippel. Soek dan naarstigtelik vir sogenaamde en/en i.p.v of/of oplossings. Wees op die uitkyk vir ’n onveilige spasie wat sal presenteer in “silence” (onttrekking, vermyding en voorgee) of “violence” (beheer, stereotipeer, verbale aanval). ’n Veilige spasie sal geskep word as jy die moed het om jou feite en jou storie te deel terwyl jy ander uitnooi om jou na te doen, en moenie vergeet om mense uit te nooi om met jou te verskil nie. Besluit egter voor die gesprek oor die manier waarop julle besluite sal neem. Julle besluitneming sal heel waarskynlik een van die onderstaande besluitnemings prosesse insluit:

  • Dwing ’n besluit af

  • Konsulteer met mense

  • Stem vir ’n besluit

  • Soek konsensus.

Goeie leiers fasiliteer moeilike gesprekke, punt!

bottom of page