top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Die goeie werke waarvoor God ons bestem het

deur Helena Smith

Ek het op ’n plattelandse dorpie grootgeword waar almal in mekaar se hartseer en vreugde gedeel het. As jy net begin verkoue kry het, het ’n gawe buurvrou ’n pot sop oorgestuur. My ma het vas geglo dat sy Jesus se hande en voete hier op aarde is en was regtig iemand wat uit haar pad gegaan het om ander mense te help. So het ons op ’n stadium ’n ou buurtannie gehad, wat nie kind of kraai gehad het nie. Sy was nie regtig baie aangenaam nie en kon vreeslik kla. My ma het egter gereeld by haar ingeloer met blomme of koekies en die tannie is gereeld oorgenooi vir Sondagmiddagetes. Toe sy sterf, was my ma baie verbaas om te hoor dat die tannie vir haar nogal ’n redelike erfporsie agtergelaat het.

Onlangs in ’n preek lees die predikant toe Efesiers 2:10. “Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus so gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe” (NLV). Ek het weer aan my ma gedink en besef dat sy haar roeping uitgeleef het. Sy was ’n eenvoudige vrou, maar sy het geweet wat haar “purpose” was en dit uitgeleef.

Ek weet nie of jy ook al, soos ek, baie gewroeg het oor wat jou doel hier op aarde is nie. Moet ek gaan sendingwerk doen in Somalië? Moet ek ’n onbereikte stam in die Amasone gaan evangeliseer? Dit kan dalk wees wat die Here wil hê jy moet doen, maar totdat jy daaroor sekerheid het, kan jy net daar waar jy is, ’n verskil maak in ander mense se lewens... “die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, uitlewe.” Onlangs het ek vir een van my kinders baie ernstig ingetree en ook gevas. ’n Vriendin van my het toe saam met my gevas vir my kind. Dis nou ’n engel, hoor.

Om die goeie werke waarvoor God ons bestem het, uit te leef, behels myns insiens om vir enige persoon wat jy teekom, ’n stukkie van Jesus se hart te wys. Dan begin jy agterkom “Life is not about me, it’s all about Him!”

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page