top of page

MEER OOR EKERK​

Hier kan jy meer lees oor die bestaan, aard en funksionering van ekerk. As jy meer wil weet, kontak ons gerus via die webblad.

Meer oor ekerk

Ekerk se doel is om mense regoor die aarde op die internet met die Here se Goeie Nuus te bedien. Saam met Stephan Joubert fokus ‘n span toegewyde Christenleiers gereeld op verskillende fasette van kerkwees. Die Ekerk is glad nie ‘n eksklusiewe kerk nie. Hier mag jy maar dubbele lidmaatskap hê, want jy moet ook nog by jou plaaslike kerk inskakel! Saam met jou eie kerk wil die Ekerk jou dien en begelei om die goedheid van ons wonderlike God nog beter te verstaan. As jy dalk ver van ‘n kerk af bly, of iewers in die buiteland sukkel om by ‘n vreemde kerk in te skakel, dan wil die Ekerk graag jou kerk wees!

​

​Raak betrokke

Daar is 'n hele spul maniere hoe jy kan betrokke raak by ekerk! Die beste manier is om óf deur die webblad te lees en te kliek op iets waarin jy belangstel, óf om op te daag by een van die ekerk byeenkomste. Hier's 'n paar maniere om jou aan die gang te kry:



1. Skryf in op die ekerk nuusbriewe

2. Sien die daaglikse artikels, videos en preke

3. Kom na die ekerk ontbyt of Learning Community toe

4. Raak betrokke by ons noodprogramme

5. Like ons Facebook blad en volg ons op Twitter



​Ondersteun ekerk

Net soos enige ander gemeente of kerk, is die ekerk afhanklik van finansiële ondersteuning om te kan oorleef. Die ekerk is geregistreer as ‘n Artikel 21 maatskappy sonder 'n winsoogmerk. Die grootste deel van ekerk se inkomste word weggegee aan hulpbehoewende mense, evangelisasie projekte, ens. Daar sal ook gereeld op ons webblad en Facebook blad terugvoer gegee word oor al die ekerk weggee aksies. Kliek op enige van die onderstaande...



Ekerk bankbesonderhede:

Ekerk Vereniging, ABSA Bank, Takkode: 632 005, Rekening: 4059 699 232

bottom of page